
Wat is Lynnie-loerdag?
Ons hoof, mnr. Steve Stolk en sy personeel verkies om voornemende Lynnie-ouers persoonlik te ontmoet. Daarom hou Laerskool Lynnwood nie 'n opedag nie.
Ouers, kleuters en leerders word persoonlik genooi na ons interne kuierdag wat bekend staan as Lynnie-loerdag! Sodoende kry julle die geleentheid om te "loer" wat by Laerskool Lynnwood Pre-Primêr en Graad 1 gebeur.
Word saam met ons opgewonde vir die nuwe mylpaal in julle en jul kinders se lewe.

